Nelspruit Marathonklub se Mgiba doen dit weer
Nelspruit Marathonklub (NMK) se Elleck Mgiba is vir die derde agtereen-volgende jaar as sy klub se sportman van die jaar aangewys.

Mgiba (40+) is ook vir die tweede jaar as die Uniwisp 42,2km- en die ultra-Loskop se klubkampioen gekroon. Buiten die prestasies wat hy ingeryg het, het hy ook die trofee vir die veteraanman van die jaar met 114 ligapunte ontvang.
Lees ook: Marathonklub se fluksste lede ontvang toekennings
Nelly Khoza is vorentoe geroep vir die trofee vir sportvrou van die jaar. Khoza het vanjaar haar derde Comrades Martahon aangedurf. Sy het die beste, ook in die 40+-klas in 2010 gevaar met ‘n tyd van 11:50. Sy het haar tyd aansienlik verbeter toe sy hierdie jaar die eindstreep in10:38:20 gehaal het.
NMK speel weer vanjaar gasheer vir die Kaapsehoop 3-in-1 Marathon wat op Saterdag 5 November plaasvind. Voorafinskrywings sluit 21 Oktober.
Lees ook: Goed, beter, Best
Laatslapers kan die Vrydag voor die wedloop van 10:00 tot 20:00 en die Saterdag van 03:00 nog inskryf.
Nog prestasies
Mans
• Senior – Samuel Makamu
• Veteraan – Elleck Mgiba
• Meester – André Erasmus
• Grootmeester – Bennie Burger
Vroue
• Senior – Yolanda Steenkamp
• Veteraan – Nelly Khoza
• Meester – Janil Fouché
• Grootmeester – Sibongile Qwabe.
