Vyf karatekas spog met swartbelt
Plaaslike karatekas het die afgelope naweek aan die jaarlikse Shotokan Karate dan-graderings, wat vanjaar in Benoni plaasgevind het, deelgeneem. Altesaam vyf atlete het met swartbelde teruggekeer Laeveld toe.

Vincent Galaca, Hugo Lusse, Patricia Hanekom, Mfundo Khoza en Isabel Gouws spog na afloop van die naweek met hulle eerste dan. Die kandidate is al van die begin van 2015 af hard aan die werk vir die gradering.
Lees ook: Karatekas punch their way to reward
Tydens die Vasbyt Gashuku-oefenkamp, is die atlete aan ‘n intensiewe oefeningprogram blootgestel, onder die wakende oog van senior instrukteur, sensei John Barnett (sewende dan). Hy het seker gemaak dat geen kandidaat wat tegnies onder standaard is, of nie opgewasse is om die swartbelt gestand te doen nie, die gradering aandurf nie.
Hulle moes hulleself in die gevegsafdeling (kumite) bewys en is tydens die gradering tot die uiterste gedryf en aan verskeie gevegte blootgestel. Isabel Gouws was die jongste kandidaat (18) en Vincent Galaca (44) die oudste. Die Laeveld se dojo-hoofde is baie trots op dié wat die swartbelt om hulle middels gebind het.
Also read: Karatekas pass gradings
“Hulle deursettingsvermoë, doelgerigtheid en dissipline was ongelooflik en elkeen verdien die prestasie,” het sensei Piet Venter gesê.
