Local sportSport

Wolves veg op internasionale vlak

Wolves Martial Arts se Jakobus Meyer en Brandon Krause het elk met 'n medalje na afloop van die 10de Wêreld Gevegkuns-spele, wat in Johannesburg gehou is, teruggekeer.

Laerskool Nelspruit se Meyer, het ‘n brons in die individuele vorms en ‘n silwer in die gevegkunsafdeling verower. Sy spanmaat, Krause het ook ‘n silwer in vorms om sy nek gehang en het die boonste trappie op die podium vir sy gevegkuns ingeneem.

Die twee het Suid-Afrika by dié toernooi verteenwoordig, onder andere teen Brittanje, die Verenigde State van Amerika, Duitsland, Indië en sommige Afrika-lande.

Meyer het sy nasionale kleure, en Krause sy Presidents-ontwikkelingspankleure verwerf.

Lees ook: Jong karateka weer op pad na Las Vegas

Die leerlinge van Nellies het verlede jaar vir die tweede keer aan die Tang Soo Do Wêreldbyeenkoms deelgeneem. Met sy eerste internasionale deelname het hy ‘n brons verower en verlede jaar het hy met twee bronsmedaljes in wapenvorms en gevegkuns weggestap. In April by die Suid-Afrikaanse Koreaanse Gevegkuns-kampioenskappe het hy met drie medaljes teruggekeer huis toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button