Veteraan-atleet verwerf nog goud
Die sestig-jarige Afrikaanse onderwyseres van Komatipoort Akademie het by Hoërskool Erasmus teen atlete van regoor die land deelgeneem.

Hierdie jaar is propvol prestasies vir meestersatleet Agatha-Lee du Plessis.
Sy het onlangs by ‘n blitsbyeenkoms in Gauteng nog ‘n paar goue medaljes om haar nek gehang.
Die sestig-jarige Afrikaanse onderwyseres van Komatipoort Akademie het by Hoërskool Erasmus teen atlete van regoor die land deelgeneem.
Sy het goue medaljes in hoogspring, die honderd meter in verspring behaal. Sy het haar persoonlike beste afstand in laasgenoemde met 35cm verbeter.
Meesters-atletiek is vir alle atlete bo 30 jaar wat op ‘n plaaslike, provinsiale en nasionale vlak in veld- en baannommers deelneem en 35 jaar en ouer mag internasionaal deelneem.
Du Plessis het in April aan die Gauteng-Noord Meestersatletiekkampioenskappe deelgeneem en twee goud en twee silwer medaljes verwerf. (Lees meer oor dit hier.)
Sy het in Mei aan die Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe in Pretoria deelgeneem en een goue en drie silwer medaljes ontvang. (Lees meer oor die byeenkoms hier.)
Sy het gekwalifiseer vir die binneshuise wêreld-kampioenskappe in Korea in Maart en is hard begin om daarvoor voor te berei.
Benewens haar oefeninge saam met twee afrigters, rig sy ook die sokkerklub vir kinders van die dorp af. (Lees oor die sokkerklub hier.)
