Spelers sweet op elke putjie vir Komatipoort Akademie
Ten spyte van die hitte, was spelers Saterdag flink en vrolik op die gholfbaan ten bate van Komatipoort Akademie.
Die heerlike koel en reënerige weer was Saterdag vir eers op ‘n einde met Komatipoort Akademie se jaarlikse gholfdag. Die spelers moes dit letterlik uitsweet onder die gebak van die warm son op die baan.
Gelukkig was daar ‘n beloning vir elkeen. Die skool het soveel pryse van borge in die gemeenskap ontvang, dat dit moontlik was vir almal, selfs diè wat heel laaste geëindig het, om ‘n oulike prys te ontvang.
‘n Groep van 84 spelers – 21 vierballe – het ingeskryf en die beste twee tellings op elke putjie het getel.
Volgens Nico Nel, voorsitter van die skool se beheerliggaam van die skool, was dit die derde beste fondsinsameling van die jaar, ten spyte van die swak ekonomiese omstandighede. Hy, sowel as skoolhoof Ormond Lombard, het dank betuig aan die gholfklub, organiseerders, ouers, borge en deelnemers wat gehelp het om die dag ‘n reusesukses te maak.
Spesiale dank is ook gebring aan Chris en Alisha Coetzee, nuwe eienaars van die restaurant by die gholfklub, wat gesorg het vir die heerlike maaltyd waarmee die dag afgesluit is.
Uitslae
Naaste aan penne:
• Putjie 8/16 – Brennon Jordaan.
• Putjie 18 – Pedro Cristovam jnr.
• Putjie 5 – Martin Obeholzer en Chris Coetzee
• Langste dryf dames – Rose Powell.
• Eerste plek – Magda Stronkhorst, Angelique Stronkhorst, Ashley Cairns en Brennon Jordaan met 99 punte.
• Tweede – Paulo Goncalves, George Goncalves, Pedro Christovam jnr. en Stephan Kuhn met 95 punte.
• Derde – Danny Cato, Chris Coetzee, Jaco Bothas en Jacq Nel met 95 punte.
• Vierde – Roelf Fritz, George Muller, Brandon de Beer en Neels van Antwerpen met 91 punte.
• Vyfde – Stefan du Plessis, Charles, Johan Anderson en Mark Muller met 89 punte.
• Sesde – Pieter Maritz, Tarryn Maritz, Elias Caldeira en Pedro Christovam.
• Sewende – Annelie Viljoen, Rose Powell, Chappies van der Merwe en Roelf Fritz met 86 punte.
• Agste – Dirk Horn, Piet Maritz, Meyer Horn en Cas Botha met 84 punte.
• Negende – Gert Erasmus, Derick Goncalves, Hannes Hamman en Conrad Stander met 83 punte.
• Tiende – Ryno Koekemoer, Willem Schoeman, Anton du Toit en Ronnie Dibb met 81 punte.




