Local sportSport

Penryn se fietsryheld tops in Mopani-bergfietsreeks

Liam de Klerk (junior) het sy wedrennommer (1) gestand gedoen deur 'n algeheel eerste plek in die vyfde en laaste Mopani Bergfietsren-reeks wat die afgelope naweek by Uplands College beslis is, in te palm.

Hy het die uitmergelende 50km in ‘n tyd van een uur 49 minute en 55 sekondes voltooi.

Dié fietsryer van Penryn College, het tydens sy skool se prysuitdeling met die Eagle-trofee weggestap.

Oor die afgelope drie jaar het hy aan meer as 88 wedrenne deel-geneem, wat die Suid-Afrikaanse Marathonkampioenskappe waar hy ‘n derde plek verower het, die SA XCO-kampioenskappe (vierde), Afrika Kontinentale kampioenskappe (12de), Suid-Afrikaanse kampioenskappe (vyfde) en die Spur Skole-reeks (vier eerste plekke), ingesluit het.

Lees ook: Jung en Kriek tops in jaarlikse bergfietsren

Die 2015 Suid-Afrikaanse XCO-reeks se bronsmedalje wenner, Dirk Lourens, was tweede oor die eindstreep in die laaste reeks met ‘n tyd van 01:50:02 en beklee die algeheel eerste plek in die subveteraanafdeling.

Sam Sanders, wat onlangs van die 2016 UCI Wêreldpadfiets-kampioenskappe teruggekeer het, het in haar eerste Mopani-ren van die jaar deelgeneem, en Saterdag in ‘n blitsvinnige tyd van 02:01:01 klaar- gemaak. Emily Clarke wat deurgaans in die reeks eerste geëindig het, was die algehele wenner.

Lees ook: Local athlete soon to pedal for country

Die 17-jarige Armand Lombard, wat goud in die Sappi Mankele-uitdaging (35km) om sy nek gehang het, het ook na afloop van die Mopani-reeks se 25km ‘n eersteplek op die podium ingeneem.

Twee ryers het in verskeie wedrenne gedurig in Armand se nek geblaas.

Constant Furstenburg het algeheel tweede geëindig en Zander Bester was derde.

Jayde Clarke het in haar sussie, Emily, se voetspore gevolg deur ook die top-posisie in die 25km te beklee nadat sy ook oor die vyf bene ‘n voorloper was.

Sy het Saterdag ‘n tweede plek behaal na Jessica Schultz wat in ‘n wentyd van 01:43:03 klaargemaak het.

Die 11-jarige Megan Wiehman, het die sprogs-afdeling in die 15km in die algehele eerste plek geëindig.

Nóg ‘n lid van die Clarke-gesin, Joshua (13), het Saterdag ‘n algehele vierde plek uit 71-ryers behaal en so ook sy afdeling in die reeks gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button