Local sportSport

Werner Kok ontvang erepenning

Wêreld Sewesspeler van die Jaar, Werner Kok het tydens Hoërskool Nelspruit (NHS) se Akademiese prysuitdeling, 'n ere-toekenning ontvang.

Kok, ‘n produk van NHS, het sy skool op atletiekgebied, waar hy in spiesgooi, hoogspring en hekkies uitgeblink het, verteenwoordig. Op die krieketveld het hy as bouler, meer as een kolwer teruggestuur kleedkamer toe.

Helaas was rugby sy eerste liefde. “Hy is voorwaar ‘n rugbyspeler in murg en been. Op skool het hy nooit gehuiwer om 100% van sy aandag aan hierdie sport te gee nie. Vir hom was enige swak rugbywedstryd beter as ‘n goeie skooldag,” het die hoof van NHS dr. Louis Swanepoel gesê.

Werner Kok. Foto: WESSEL OOSTHUIZEN / SASPA

In 2010 en 2011 word hy tot NHS se eerste rugbyspan, die Rhinos verkies. In 2011 het hy met die Senior Rugbyspeler van die Jaar-toekenning tydens NHS se prysuitdelingsgeleentheid weggestap.

Na skool het hy vir die Westelike Provinsie se o/19-Curriebekerspan uitgedraf wat in 2012 die beker omhoog gehou het.

Daardie jaar was hy by die Springbok Sewes-akademie betrokke en het sy Blitsbokdebuut die volgende jaar in Londen gemaak.

Lees ook: Oud-nellie is beste by Sewes

Min aanhangers weet dat hy die rekord vir die vinnigste drie in ‘n sewestoernooi, hou – net 3,2 sekondes na die fluitjie geblaas het.

“Toe Werner vroeër vanjaar tydens die Olimpiese Spele in Rio de Janero ‘n bronsmedalje verower het, het ons uit ons nate van trots gebars, want hy is een van ons eie,” het Swanepoel gesê.

Die Nieu-Seelandse rugbyheld, Jonah Lomu het die volgende gesê, “For me to get through the toughest periods in my life, I had to look within to find the energy to do it. I don’t give up. Never have. Never will.”

LOMU_Jonah_19991014_GH_L

“Mag jy soos ‘n Lomu van ouds nooit moed opgee nie en altyd vasbyt,” het Swanepoel gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button