Local sportSport

Nuwe Puma-spelers in span verras

Die Steval Pumas het die dienste van die gesoute speler, Mark Pretorius ingespan.

Dié jong speler was deel van die o/20-Springbokke wat in 2012 die Internasionale Rugbyraad Junior Wêreldkampioenskappe gewen het. Hy is reeds die week in ‘n plaaslike gimnasium opgemerk.

Hoewel sy insluiting by die span nog nie amptelik in ‘n verklaring deur die Mpumalanga Rugby Unie (MRU) bevestig is nie, het sosiale media en rugbykenners reeds hieroor bespiegel. Die MRU het by monde van hul woordvoerder, Kathleen Bailie, gesê dat die unie met nog moontlike spelers onderhandel maar geen name bekend gemaak nie.

Die name van die voormalige Westelike Provinsie- en OP Kings-slot, Tazz Fuzani, en Griekwa-stut, Luxolo Koza is egter ook reeds in die sosiale media-domein rondgegooi.

Tazz Fuzani.
Tazz Fuzani.

Die pas-aangestelde breier, Brent Janse van Rensburg en die span het Maandag met hulle voorseisoen-beplanning begin. Volgens Janse van Rensburg was die afgelope paar dae ‘n lonende ondervinding.

“Ons wil die nodige infrastruktuur in plek stel sodat die program wat ons wil implementeer, reg uitgevoer word. Die mediese- en kondisioneringspanne is ander fokuspunte sodat ons spelers van hoë gehalte kan oplewer.”

Hy het verder gesê dat die eerste deel van die seisoen hulle meer op vaardigheid sal fokus, voordat hulle die res van die oefenprogram in Januarie uitrol.

Luxolo Siphesihle Koza.
Luxolo Siphesihle Koza.

“Ek kan sien dat die MRU se administrasie in plek is. Die fasiliteite is van wêreldgehalte en die unie het groot toekomsplanne.” Janse van Rensburg het benadruk dat hulle met die regte resep in die volgende seisoen groot sukses kan behaal.

Janse van Rensburg se driejaarkontrak met die MRU het pas begin en voorheen was hy by die Boland as hoofafrigter betrokke.

Lees ook: Pumas stel nuwe breier aan, Stonehouse wil dalk fluitjie wegberê

Verlede week is Janse van Rensburg by die Suid-Afrikaanse Rugy Unie se toekenningsaand as Afrigter van die Jaar benoem, maar die Xerox Goue Leeus se afrigter, Johan Ackermann het met die louere weggestap. Die Pumas het tydens die pas- afgelope Curriebeker net een van hulle van hulle agt wedstryde gewen.

Brent Janse van Rensburg.
Brent Janse van Rensburg.

Ander spelers wat in Oktober by die Pumas aangesluit het, is die Leeus se Curriebeker-kaptein, Ruaan Lerm die OP Kings se Kevin Luiters, Louis Albertse en Karlo Aspeling.

Lees ook: Pumas bekom dienste van Superspelers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button