Pumas teken nóg twee
Boland Kavaliers se kaptein, Ryan Nell sal ook binnekort deel van die Puma-korps wees.
Daar was reeds in Oktober gerugte dat die pas-aangestelde breier van die Pumas, Brent Janse van Rensburg sy kaptein na die Laeveld wou lok.
Die Pumas het ook ‘n aanbod vir die Cheetahs se Sias Ebersohn gemaak, maar die besturende direkteur van die Mpumalanga Rugby Unie, Pieter Burger het bevestig dat Ebersohn dit van die hand gewys het.
Die Blou Bulle se Kobus Marais het ook vanoggend die besluit geneem om die Laeveld sy nuwe tuiste te maak. Hy was deel van die Bulle se Curriebekerveldtog.

Nell se rugbyseisoen is in September gekortwiek nadat hy ‘n besering teen die Pumas in ‘n Curriebeker-kragmeting opgedoen het. Hy het ‘n fraktuur aan sy been opgedoen, maar het reeds ‘n operasie ondergaan en sal vir volgende jaar se seisoen gereed wees.
Marais saam met Justin van Staden en Karlo Aspeling vir die losskakel-posisie meeding.
Heelagter, Marlou van Niekerk het ook al in die nommer 10-trui opgedraf.
Nell sal op senter oorweeg word, saam met Hennie Skorbinski en JP Lewis.
