Local sportSport

Drummond raap twee trofeë by topskole-gala op

Hoërskool Nelspruit (NHS) se Liza-Mari Drummond het haar wenkultuur in die swembad voortgesit.

Dié atleet van Uniswim het die afgelope naweek by Mpumalanga se topskole-gala gewys dat sy haar talente kort voor lank op die wêreldverhoog gaan uitleef.

Liza-Mari, NHS se sportvrou van die jaar, het Vrydag by Van Riebeeckpark, vyf nuwe rekords, (200m-individuelewisselslag, 50m-vryslag, 50m-borsslag, 50m-rugslag en 50m-vlinderslag) losgeswem.

Mariska Bam.
Mariska Bam.

Na afloop van die byeenkoms, het sy met die victrix ludorum-trofee weggestap.

Nóg ‘n swemmer van NHS, Giano dos Santos (Nelspruit Swem Akadmie) loop ook breëbors nadat hy vier nuwe tye vir seuns o/14 in die 200m-individuelewisselslag (IW), 50m-vryslag, 50m-rugslag en 50m-vlinderslag opgestel het. Tydens die skool se interhuisswemgala het hy die junior victor ludorum-trofee opgeraap.

Skye Munro.
Skye Munro.

 

Hy was die jongste swemmer in die provinsie se geskiedenis wat vir die Suid-Afrikaanse senior kortbad-kampioenskappe wat Augustus in Pietermaritzburg plaasgevind het, gekwalifiseer het.

Jetro Piso, ook van Nelspruit Swem Akademie, het vier nuwe rekords agter sy naam geskryf. Die 15-jarige wat by die kortbad-kampioenskappe die 100m-vryslag onder 54 sekondes geswem het, het Vrydag die 50m in 26sek voltooi. Nuwe tye in die 200m IW, 50m-borsslag en 50m-vlinderslag, is in die rekordboeke geskryf.

Thelise Saunders.
Thelise Saunders.

Trofeë
• Beste prestasie van die dag
Seun – Johan Viljoen (50m-vlinderslag, 763 punte)
Dogter – Liza-Mari Drummond (50m-vryslag, 705)

• Victor ludorum – Jetro Piso (120)
• Victrix ludorum – Liza-Mari Drummond (125).

Spanuitslae
• Dogters – Uplands College, 704 punte
• Seuns – Hoërskool Nelspruit, 504,5
• Gesamentlike punte – Uplands College, 933.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button