Plaaslike skuts ryg toekennings in
Die Laeveld se oudste skut, Felix Pohl het met 'n rits prestasies tydens die Suid-Afrikaanse Sport en Jag Federasie se nasionale jaareindfunksie weggestap.
Die 69-jarige het pryse vir sy uitsonderlike prestasie in die handwapen ope-kampioenskappe (eerste), jaggeweer-kampioenskappe (derde), kompakte-handgeweer-kampioenskappe (eerste) en standaard-handwapenkampioenskappe (tweede), ontvang.
Tydens die nasionale baansport-kampioenskappe, het Pohl in die luggeweer (veer) asook die opeklas-handwapen ‘n eerste plek behaal. Hy was ook tweede in die standaard-handwapen en derde in die grootgeweer-afdeling. Vir die Laeveld was die agtjarige Sabastiaan Lamprecht een van vyf juniors wat vir die eerste jaar hulle nasionale kleure ontvang het.
Lees ook: Laeveldse jagkampioen skiet ‘n kolskoot
By die baansport-kampioenskappe was hy die jongste skut.
Hy het vanjaar aan sy derde nasionale kompetisie deelgeneem, en het ‘n derde plek in die .22-afdeling behaal.
Layton Hoffman, nasionale penkop vir seuns o/13 se langafstand-skietkampioen, Belinda Kotze, Amber Greeff en Lomar Botha is die ander skuts wat nasionale kleure gekry het.
Nasionale Bokjagkampioen, Stephan Potgieter het ook ‘n toekenning vir hierdie prestasie ontvang.

Hy het ook met pryse vir die hoogste koedoetelling en hoogste-punt in een bokjag gekry.
Faans van Zyl, 2016 se nasionale komptakte handwapenkampioen vir senior mans, was ook onder die wat ‘n prys ontvang het.
Lees ook: Eerste veldskietkompetisie lok groot belangstelling
Toekennings wat uitgestaan het
• Kamerade-trofee – Dennie Taljaard
• Nasionale bokjagkampioen – Stephan Potgieter
• Nasionale penkop (juniors o/13), langafstandskiet – Layton Hoffmann
• Nasionale kompakte handwapenkampioen – Faans van Zyl
• Mees opkomende jagter – Louis Rautenbach.
