Local sportSport

Toer werp vrugte af vir jong speler

Van Dubai, Londen, Spanje, China, Kazakhstan en Rome, is Thriston Lawrence terug op eie bodem nadat hy twee maande in die Europese Challenge-toer gespeel het.

Nie net was die 20-jarige gholfspeler naaswenner in die Bridgestone Uitdagingstoernooi op Heythrop Park, Engeland nie, maar het hy met meer as R300 000 na 10 toernooie na Suid-Afrika toe teruggekeer.

Na afloop daarvan, lê hy 81ste op die Challenge-toerranglys.

Lees ook: Thriston skuur skouers met grotes

“Die toer was merendeels om ondervinding op te doen. Daar was goeie weke, maar ook slegtes,” vertel Lawrence.

14102357_636276219880088_1750161916581157149_n

Hy het nie vir sy Europese toerkaart ge-kwalifiseer nie.

“Hierdie jaar het ek nie in al die toere gespeel nie. Ek wil volgende jaar in ten minste 18 toernooie meeding.”

Die jongeling het in 2013 die gholfwêreld aan die gons gehad deur die jongste speler te word wat die Suid-Afrikaanse Amateurkampioenskappe te wen.

Hy het Desvonde Botes se 22 jaar oue rekord met meer as twee maande oortref, en is byna drie maande jonger as wat Ernie Els was toe hy in 1986 die rekordhouer geword het.

Hy het die volgende jaar dié titel wéér by die Hermanus Gholfklub ingepalm – hy is die eerste speler wat dit in 36 jaar reggekry het om dit vir die tweede agtereenvolgende jaar te verower. Teddy Webber het dit laas in 1978 gedoen.

Lees ook: Jong gholfster loop met R127 000 weg

Lawrence het sy debuut as professionele speler op die Europese Toer in 2014 se Scottish Hydro Challenge op die Macdonald Spey Valley-buitebaan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button