Local sportSport

Laeveld se o/10’s druk stempel in toernooi af

Sommer met die intrapslag, het die Laeveld se top-ses o/10-tennisspelers gewys hulle is 'n span om in die toekoms dopgehou te word.

Die spelers het die afgelope naweek aan ‘n mini-interdistriktetoernooi teen die Hoëveld en Wes-Mpumalanga in Secunda deelgeneem. Dit is die eerste jaar wat ‘n o/10-span aan ‘n soortgelyke toernooi as die Laeveld se junior spanne (o/11, o/13, o/15 en o/18), wat in Mei ook na Secunda getoer het, meegeding het.

IMG-20161112-WA0011

Dylan Ormiston, wat vanjaar o/10 is, was een van die groot aanspraakmakers wat na Secunda getoer het. Aan die einde van April het hy die tweede plek op die o/11-rangleer beklee. Dylan is nou die topspeler in sy ouderdomsgroep.

Richard Dickson en Dylan het teen alle verwagtinge hulle dubbelspel teen die Hoëveld se Wernich Rossouw en Jacques Slabbert gewen. Dit was ‘n spanningsvolle stryd, maar die twee het tot die bittereinde geveg.

Richard Dickson.
Richard Dickson.

Wes-Mpumalanga se Heinrich Roothman en Divan Boonzaaier was ook geen gelyke vir Richard en Dylan nie.

Heimer Schuller het albei sy enkelsspel-wedtryde teen Wes-Mpumalanga gewen. Richard, Heimer, JP Snyman en John Robert de Clerq het ook in hulle enkelstelle geseëvier.

Danielle Lombaard was die enigste dogter wat teen Wes-Mpumalanga haar enkels gewen het. Heimer en Kristen Lombaard het hul gemengde dubbels gewen terwyl JP en John Robert koning in hulle gemengdespel gekraai het.

20161111_164303

Alhoewel Wianke Cloete en Danielle Lombaard en Joslin Boshoff en Emma Snyman nie hulle dubbelspelle gewen het nie, het hulle pragtennis gespeel.

“Ons dogters het baie ervaring opgedoen en het die Laeveld se naam hooggehou. Dit is ‘n jong span met baie potensiaal. Dit was ‘n naweek van hoë-gehalte tennis,” het Jeanetta Boshoff van Laeveld Junior Tennis gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button