Local sportSport

Ebersohn sluit tog by Pumas aan

Na 11 jaar se betrokkenheid by Vrystaatrugby, skei Sias Ebersohn se paadjie met die van dié Rosestad.

Die Steval Pumas het aan die begin van November ‘n aanbod vir die Cheetahs se Ebersohn gemaak, maar hy het dit van die hand gewys. Dié gesoute speler, wat twee jaar SuperRugby vir die Western Force gespeel het, is Vrydag in ‘n plaaslike supermark opgemerk.

Sias Ebersohn.
Sias Ebersohn.

“Die laaste gesprek wat ons met Sias se agent (James Adams) gehad het, was Vrydag en dié hoë-profielspeler het oor die naweek geteken,” het die besturende direkteur van Mpumalanga Rugby Unie (MRU) Pieter Burger gister aan Laevelder gesê.

Die Pumas het ook die dienste van die Maties-haker, Marko Janse van Rensburg bekom. Die 25-jarige was deel van Maties se Varsitybeker-span wat in die eindstryd op die Danie Craven Stadion, Stellenbosch teen Pukke met 7-6 vasgeval het.

Sias Ebersohn, Pieter Burger en Marko Janse van Rensburg.
Sias Ebersohn, Pieter Burger en Marko Janse van Rensburg.

“Marko is ‘n jong speler wat reeds vroeg in sy rugbyloopbaan groot potensiaal toon. Ek voel daar is ‘n goeie kombinasie tussen jong- en senior spelers in die span. Daar is nog ‘n leemte in die span op vaskopstut, maar soos die Curriebeker-premierliga nader, sal ons kyk na spelers om te kontrakteer sodat ons mededingend kan kompeteer,” sê Burger.

Ryan Nell, Tazz Fuzani, Karlo Asperling, Kobus Marais, Morgan Naudé, Luxolo Koza, Ruaan Lerm en Mark Pretorius het ook onlangs by die Pumas aangesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button