Local sportSport

Skuts is tops met boog en geweer

Na 'n jarelange verbintenis met die Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie se Laeveldtak, het die voorsitter, Dennie Taljaardt die leisels neergelê.

Hy bly steeds as lid by die klub aan.

Taljaardt loop breëbors rond nadat hy die grootste rooibok, gemsbok én zebra vanjaar in die provinsie platgetrek het.

Van die jongste (8) tot die oudste lid (69) wat aan die Nasionale Baansportkampioenskappe deelgeneem het, is tydens die tak se jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid, vereer.

Lees ook: In foto’s: Mpumalanga Laeveld Sport en Jag kompetisie

Ondervoorsitter, Nico Human het ‘n oorkonde aan Taljaardt vir sy toewyding en knap leierskap, oorhandig.

Mari-line Janse van Rensburg en Dennie Taljaardt.
Mari-line Janse van Rensburg en Dennie Taljaardt.

Altesaam 288 provinsiale toekennings is op die aand – waarvan ‘n paar uitsonderlik was – oorhandig.

Layton Hoffman is die jongste lid nóg (14) van die SA Sport en Jagfederasie wat aan die langafstandskiet-kategorie deelgeneem het.

Human en Peter Klue het in agt afdelings provinsiale kleure verwerf.

Stephan Potgieter.
Stephan Potgieter.

Alicia Taljaardt is as die vroue-jagkampioen gekroon terywl Faf Theron in die mansafdeling sy vernuf gewys het.

Die mees veelsydige baansportskutprys, is aan Pieter Klue toegeken. Hy het aan agt afdelings by die nasionale kompetisie deelgeneem.

Lees ook: Klub leer ‘n ieder en elk weer die genot van skiet

Faans van Zyl het die kompakte handwapen-afdeling gewen tydens die kampioenskappe en Shannon Pretorius is die knypkopdogter-jaggeweerwenner vir 2016.

Ivan Potgieter is die knypkopseuns se provinsiale-kampioen.

Die penkop .22 provinsiale trofee behoort aan Belinda Kotze.

Tommie Waters het as provinsiale kampioen in die langafstandkategorie uit die stryd getree.

Rika Human het haar provinsiale kleure vir veteraanvroue verower. Leon van Lingen het sy nasionale groenbaadjie verwerf nadat hy by drie kampioenskappe as baanbeampte opgetree het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button