Kambaku-spelers sluit jaar met ‘n potjie gholf af
Kambaku Gholfklub se lede het die jaar afgesluit met 'n dag op die gholfbaan en die jaar se beste spelers is met trofees beloon.
Kambaku Gholfklub het op 19 November die jaar afgesluit met ‘n interessante potjie gholf waar die beste spelers nie noodwendig die wenners van die dag sou wees nie. Hulle het ‘n vierbal-alliansie gespeel waar enige speler se kaart saam met die van ‘n ander opgetel kon word.
Tydens die prysuitdeling het klubkaptein Piet van Dyk die jaar opgesom. “Dit was ‘n jaar van uiterstes; uiterste droogte, uiterste ekonomiese omstandighede, uiterste persoonlike omstandighede en uiterste dinge wat gebeur het.” Hy het gesê dat mens net wil hê dit moes klaarkry sodat daar met ‘n nuwe jaar op ‘n nuwe bladsy en nuwe idees begin kan word.
Volgende jaar is die 20ste herdenking van die Kambaku Gholfklub se stigting. Op 17 Februarie 1997 het 37 lede bymekaargekom om die klub te stig. Hy het begin om die geskiedenis van Kambaku agtermekaar te kry en op te teken. Amanda Basson is tans op soek na foto’s van die afgelope 20 jaar.
Dirk Horn, een van die boere wat die eerste 2 000-liter diesel geskenk het sodat werk aan die baan kon begin, het ook Saterdag gespeel.
Van Dyk het ‘n woord van waardering gerig aan almal wat hard gewerk het om die baan, klub en gholfdae so ‘n sukses te maak gedurende die jaar.
Die klub het vanjaar twee ligaspanne ingeskryf wat as ligawenners uit die stryd getree het.
Wenners van die dag:
• Gerhard Basson, Roenel Basson, Conraad Bezuidenhout en Danielle Bosch met 62 punte.
• Chris Basson, Amanda Basson, Susan Baird, Leon Baird met 54 punte.
• Rose Powell, Lizette Barnard, Nico Kruger, Hendrik Kruger met 53 punte.
• Danny Cato, Chris Coetzee, Piet Marits, Janette Maritz met 53 punte.
Naaste aan die pen
Putjie 5 – Gerhard Basson
Putjie 8/16 – Danielle Bosch
Putjie 18 – Roenel Basson
Gassun het die dag geborg en Piet Maritz, Nico Kruger, Danielle Bosch en Johan Maree was die wenners van ‘n gelukkige trekking.
Die volgende trofeë is aan die presteerders van die jaar oorhandig:
• Knoppiesdoring-dubbelkampioene: Mauritz Mostert en Pierre Cronje.
• Knoppiesdoring-dameskampioen: Lizette Barnard.
• Knoppiesdoring-manskampioen: Jaco Botha.
• Mans-klubkampioen 2016: Jaco Botha.
• Vroue-klubkampioen 2016: Rose Powell.
• Kambaku-wenner 2016: Rose Powell.
• Spankaptein van Solheimcup-wenners: Janette Maritz het hul trofeë in ontvangs geneem.
• Spankaptein van Rydercup-wenners: Danny Cato het hul trofeë ontvang.
• Liga-vrouespelers se speler van die jaar: Rose Player.
• Liga-mansspelers se speler van die jaar: Danny Cato.
Chris Basson het ‘n trofee ontvang vir spesiale bydrae tot die gholfbaan se ontwikkeling.
Die mans-ligaspelers het vanjaar geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer as ligawenners gekroon is onder leiding van kaptein Danny Cato.
Die dames is tans gelyk en moet nog uitspeel in Mbombela om die wenners te bepaal.
