Local sportSport

Karatekas sluit jaar met ‘n gradering af

Karatekas van die plaaslike dojo moes op 19 November hul beste bewegings in die Nederduitsch Hervormde Kerksaal uithaal om na die volgende belt te beweeg.

Die Malalane Dojo het die jaar afgesluit met ‘n gradering en karatekas vir hul toewyding tot die sport gedurende die jaar beloon.

Die karatekas moes voor ‘n paneel katas uitvoer en het daarna aan oefengevegte deelgeneem om te wys hoe goed hulle die verskillende tegnieke ken.

Zianè Geldenhuys, Gavin Peterson (voor) en Qwaid Minter.
Zianè Geldenhuys, Gavin Peterson (voor) en Qwaid Minter.

Hoof-sensei Grobbies van der Westhuizen vertel dat sy baie trots op haar leerlinge is aangesien almal goeie vordering getoon het en na die volgende belt bevorder is. Die karatekas was ook baie in hul noppies met dié prestasie.

Die Malelane Dojo is voor 1992 deur Sensei Roelf Smit gestig en is in 1996 deur Van der Westhuizen oorgeneem.

Die klub bestaan uit tussen 20 en 30 lede en oefen twee keer ‘n week regdeur die jaar. Die karatekas word deur vier senseis afgerig, Van der Westhuizen (vierde dan swart belt) en haar drie kinders, Lourens (derde dan), Carel (eerste dan) en Patricia (eerste dan).

Karate is ‘n uitstekende manier om selfverdediging, asook respek, dissipline en fokus aan te leer.

Baie kinders doen ook beter in skool nadat hulle karate begin doen het.

Die sport bestaan hoofsaaklik uit kata en kumite. Kata is ‘n reeks bewegings wat in verskillende volgordes geleer word, terwyl kumite gevegte is waar die kata-bewegings prakties toegepas word.

Daar is elke jaar ‘n paar graderings-geleenthede wat as eksamen dien en leerlinge die kans gee om na ‘n volgende vlak (belt) te skuif.

Die meeste dojos laat leerlinge egter slegs een of twee keer per jaar aan graderings deelneem om te verseker dat hulle die vlak se bewegings goed ken en dit behoorlik ingeoefen is.

Leerlinge begin met ‘n wit belt saam met hulle wit karate-uitrusting en kan dan vorder tot ‘n swart belt.

Persone van ses jaar tot 106 is welkom om by die klub aan te sluit.

Die karate-oefeninge hervat op 11 Januarie en vind elke Maandag en Woensdag om 18:00 in die Hervormde Kerksaal in Fish Eagle Bend plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button