Topswemmers deel van Grand Prix
Mpumalanga Swem se top-atleet vir die 2015/16-seisoen, Uniswim Nelspruit se Liza-Mari Drummond is een van 15 plaaslike swemmers wat die naweek by die Grand Prix-reeks by Van Riebeeckpark in aksie gaan wees.

Mpumalanga het verlede jaar vir die eerste keer die eerste van die vier bene aangebied waar nagenoeg 100 van Suid-Afrika se beste swemmers, soos Chad le Clos, Miles Brown en Aerton Sweeney deelgeneem het.
Lees ook: Drummond raap twee trofeë by topskole-gala op
As gevolg van dié atlete wat in die Olimpiese-siklus beweeg het en die wat hulle staal by die Kortbad-wêreldkampioenskappe gewys het, is daar besluit om die swemmers ‘n ruskans te gee.
“Die kwalifiserende tye is verander na die vlakdrie-standaard toe om meer swemmers die geleentheid te gee om deel te neem. “Dit is wel vir ons as provinsiale federasie moeilik om nasionale kampioenskappe aan te bied as gevolg van ‘n tekort aan borge en die nodige fondse,” het Ronel Bekker van Mpumalanga Swem gesê.
Lees ook: Locals make a splash at interprovincial gala
Die reeks bied steeds ‘n platform vir plaaslike swemmers om hulself aan die land se jong en opkomende swemmers te meet. Die eerste skoot klap môreoggend om 10:00.
Die volgende Laeveld-swemmers neem die naweek deel:
• Curro Swemakademie
Carla Mouton
Gerard Venter
• Nelspruit Swimming Academy
Dylan Boshoff
Giano dos Santos
Jimmy Munro
Skye Munro
Jetro Piso
• Uniswim Nelspruit
Brooklyn Croxon
Jacey Bekker
Liza-Mari Drummond
Robbie Drummond
Jordyn Minifie
Thelise Saunders
Kayla Shefermann
Nicole Viljoen.






