Local sportSport

Human neem Laeveldtak se leisels oor

Dennie Taljaardt (55) het na ses jaar as voorsitter van die SA Sport en Jag se Laeveldtak die tuig neergelê. Nico Human neem die leisels oor.

“Dit is tyd vir nuwe bloed om jag in die provinsie vorentoe te vat. Ek is sedert 2002 by die tak betrokke en sal steeds as lid van die klub aanbly,” het Taljaardt gesê.

Dié 55-jarige het as Mpumalanga Laeveld se ondervoorsitter tussen 2008 en 2009 gedien.

Lees ook: Skuts is tops met boog en geweer

In 2016 op die nasionale bestuursverga- dering is hy as die internasionale jagorganiseerder aangewys. Hy het ook twee keer, in 2013 (Limpopo) en 2015 (Letsatsi) die Nasionale Bokjagkampioenskappe gewen.

“Dennie is ‘n toegewyde jagter en het toegewyde sportskietstatus verower. Hy skroom nie om sy kennis oor jag en die veld wat hy as professionele jagter opgedoen het, met die jonger en minder ervare jagters te deel nie,” het ‘n lid van die klub, Rika Human gesê.

Sedert 2010 het Taljaardt en sy bestuurspan drie nasionale baansport-kampioenskappe by Dusty Ranch in Barberton aangebied.

Nuutverkose voorsitter, Human sê hy voel geëerd dat die tak die nodige vertroue in hom het. “My voorganger, Dennie het ‘n baie hoë standaard gestel en om op dit voort te bou, gaan nie ‘n maklike taak wees nie, maar ek het ‘n uitstekende bestuurspan wat my sal ondersteun,” het Human gesê.

Lees ook: Klub leer ‘n ieder en elk weer die genot van skiet

Hy vertel verder dat dit vir hom belangrik is om die federasie se belange eerste te stel en om die sport meer toeganklik vir nuwe skuts te maak. “Ek wil dit meer bekostigbaar maak sodat daar meer skuts op die skietbaan in aksie kan wees. Vanjaar gaan ons ‘n korporatiewe- en nagskiet reël waar skuts van buite die federasie kan kom deelneem,” sê Human.

Die plaaslike tak gaan vanjaar twee senior manspanne, een senior vrouespan en ‘n groep juniors na die Nasionale Bokjagkampioenskappe toe stuur.

Nico Human.
Nico Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button