Agt kwalifiseer vir SA se topgala
Plaaslike swemmers wat nog nie vir die Suid-Afrikaanse Jeug- en Seniorkampioenskappe gekwalifiseer het nie, het tot 13 Maart om in die provinsiale span ingesluit te word.

Die kampioenskappe wat by Kingspark in Durban gehou word, is die hoogste vlak waarop swemmers in Suid-Afrika kan deelneem.
Agt Laevelders het reeds hulle plekke in die span verseker.
Jacey Bekker (16) van Uniswim Nelspruit
• 100-metervlinderslag (1:00,49) – Mpumalanga-kampioenskappe
Giano dos Santos (14) van Nelspruit Swemakademie
• 50-meterrugslag (28,33) – SA Kortbad-kampioenskappe
• 100-meterrugslag (1:01,30) – SA Kortbad-kampioenskappe
• 200-meterrugslag (2:13,26) – SA Kortbad-kampioenskappe
• 200-meterrugslag (2:17,68) – KZN Speedo Provinsiale-kampioenskappe

Liza-Mari Drummond (17) van Uniswim Nelspruit
• 50-metervryslag (27,47) – Mpumalanga-kampioenskappe
• 100-metervryslag (59,25) – Mpu Winter-kortbadkampioenskappe
• 200-metervryslag (2:13,55) – Mpumalanga-kampioenskappe
• 100-meterrugslag (1:10,51) – Mpu Winter-kortbadkampioenskappe
• 100-metervryslag (1:17,01) – Kleindistrikte-kampioenskappe

Jordyn Minifie (15) van Uniswim Nelspruit
• 200-metervryslag (2:13,18) – Mpumalanga-kampioenskappe
• 400-metervryslag (4:34,36) – Mpumalanga-kampioenskappe
• 800-metervryslag (9:43,8) – 2017 Grand Prix
• 200-meter- individuele wisselslag (2:26,51) – Mpu Winter-kortbadkampioenskappe
• 400-meter- individuele wisselslag (5:12,02) – Mpumalanga-kampioenskappe

Skye Munro (15) van Nelspruit Swemakademie
• 50-metervryslag (28,40) – Mpumalanga-kampioenskappe
• 100-metervryslag (1:02,44) – Mpumalanga-kampioenskappe
• 50-meterrugslag (31,89) – Mpu Winter-kortbadkampioenskappe
• 100-meterrugslag (1:09,04) – Kleindistrikte-kampioenskappe
• 50-metervlinderslag (30,05) – SA Kortbad-kampioenskappe

Jetro Piso (15) van Nelspruit Swemakademie
• 100-metervryslag (53,70) – SA Kortbad-kampioenskappe
• 200-metervryslag (1:58,87) – SA Kortbadkampioenskappe
• 100-vlinderslag (59,84) – Mpu Winter-kortbadkampioenskappe

Kayla Schefermann (14) van Uniswim Nelspruit
• 100-meterborsslag (1:18,02) – Kleindistrikte-kampioenskappe

Mel Stronkhorst (24) van Komatipoort Swemakademie
• 50-metervryslag (24,90) – Mpumalanga-kampioenskappe
• 50-meterrugslag (28,85) – SA Kortbad-kampioenskappe
• 100-meterrugslag (1:02,58) – Klein Distrikte-kampioenskappe
• 50-meterborsslag (29,90) – SA Kortbad-kampioenskappe
• 100-meterborsslag (1:07,40) – Mpu Winter-kortbadkampioenskappe.

