Hope talent by kringbyeenkoms bespeur
Leerlinge van die dorp, Jeppes Reef, Schoemansdal, KaMhlushwa en Buffelspruit het Donderdag meegeding om as die beste atlete in die kring gekroon te word.
MALALANE – Donderdag se atletiek-kringbyeenkoms is met groot sukses deur Laerskool Malelane aangebied en 29 Lanies (19 seuns en 10 dogters) het met goud en silwer ‘n plek by die subdistriktebyeenkoms verseker.
Yandisa Ndinisa het Beacon College baie trots gemaak met ‘n goue medalje in die 80m vir seuns o/10.
Elf atlete van Riverview Prep School is ook deur na die volgende ronde.

Dié byeenkoms vind volgende Dinsdag, op Valentynsdag, by Komatipoort Akademie plaas.
Die beamptes was baie opgewonde oor die uitstekende talent wat bespeur is. Hulle het tog genoem dat dit hartseer was dat baie atlete nie die nodige ondersteuning en afrigting kry nie. ‘n Groot aantal skole beskik nie oor voldoende fasiliteite of afrigters om die kinders se talente te ongin en ontwikkel nie.
Lees meer oor die seisoen se atletiekbyeenkomste:
- Laerskool-atlete sorg dat die rekords spat
- Komatipoort Akademie se interhuis sorg vir groot pret
- Young athletes excel at Riverview Prep
