Só sal Joost onthou word – Saamgestel deur Carli Koch
24 Junie 1995. Rugby Wêreldbeker-eindstryd. Die Bokke teen die All Blacks.

Ek was te jonk om toe te verstaan, maar ek was gefassineerd met hoe rugbyliefhebbers oor seker een van Suid-Afrika se mees invloedryke skrumskakels, Joost van der Westhuizen gepraat het.
Ek was maar vyf jaar oud toe die Bokke die eindstryd op Ellispark gewen het. Ek het op my pa se skoot, vasgenael voor die kassie, gesit.
Die eerste inskrywings op sosiale media het Maandag net na 15:00 bevestig dat Joost na ses jaar sy dapper stryd teen motorneuronsiekte verloor het. Ek het eers in 2011, toe hy met die lewensgevaarlike siekte gediagnoseer is, werklik begryp watter impak hy nie net op Suid-Afrikaners gemaak het nie, maar ook in wêreldrugby.
Joost het tussen 1992 en 2002 in 144 wedstryde vir die Blou Bulle en in 111 toetse in die groen-en-goud uitgedraf. Hy het die Bokke in 10 toetse aangevoer.
Ek het nooit die geleentheid gehad om hom, en een van my ander groot rugbyhelde, Jonah Lomu wat in 2015 weens hartprobleme oorlede is, te ontmoet nie.
Jonah was ‘n massiewe vleuel en ‘n gevreesde speler vir sy teëstanders. Beeldmateriaal waar Joost in die Wêreldbekereindstryd Jonah van voor duik, bied ’n blywende herinnering van Joost.
Daar was hoogtepunte, maar ook laagtepunte. Ek hoop die rugbygemeenskap sal die goeie dinge van Joost, eerder as die slegte sal onthou.
‘n Gedenkdiens word vandag om 12:30 op Loftus Versfeld vir hom gehou. Ek droom van ‘n reënboognasie, en dalk is dit ‘n tyd soos dié wat Suid-Afrikaners weer een word.
Dit word van 12:00 af op SuperSport 1 uitgesaai.
Laevelder het ‘n paar rugbykenners gevra om van hul herinneringe van Joost te deel.
Voormalige Blou Bul-spanbestuurder, Wynie Strydom

Bekende skrywer, Alita Steenkamp

Voorlynafrigter van die Steval Pumas, Hein Kriek

“Ek sal Joost meer vir die J9-fondasie wat hy op die been gebring het net nadat hy siek geword het en sy bewusmakingsveldtog oor die siekte eerder onthou as vir sy rugby. Dit is tog waaroor rugby gaan – as jy iets bereik het, moet jy bereid wees om iets terug te gee. Hy kon iewers in ‘n hoekie gaan kripeer het, maar hy het bo sy vermoë uitgestyg om die beste van ‘n slegte situasie te maak.”
Blitsbok, Werner Kok

Streekkoördineerder van Mpumalanga Skeidsregtersvereniging, Oubaas Coetzer

Voormalige Springbok, Rudi Visagie

