Local sportSport

Atlete ding mee vir plek in distrikspan

Verskeie hoërskole in die Nkomazi-streek het mekaar  op 9 Februarie Komatipoort Akademie se sportgronde die stryd aangesê om vir die Ehlanzeni-span te kwalifiseer.

Atlete uit die skoolkringe van Oos- en Wes-Nkomazi, Malalane, Lebombo en Khulangwane het op 9 Februarie aan ‘n streeksbyeenkoms by Komatipoort Akademie deelgeneem.

Die eerste twee atlete in kortafstande, eerste drie in langafstande en eerste drie plekke in velditems by hierdie byeenkoms, sou vir die volgende ronde kwalifiseer wat binnekort in Mbombela plaasvind.

Verskeie atlete wat aan dié byeenkoms deelgeneem het, moes dit sonder die luukse van sportuitrusting of oefening met goeie afrigting en toerusting doen. Dit het hulle egter nie daarvan weerhou om hul bes te lewer nie.

Christy Monteiro van Komatipoort Akademie was een van die atlete wat uitgestaan het. Sy het aan vyf items deelgeneem en net eerste en tweede plekke behaal: eerste in 200m, 400m en verspring, en tweede in 100m en hoogspring.

Loer hier na ‘n paar foto’s van die deelnemers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button