Local sportSport

Kringe se beste atlete ding op Komati mee

Atlete het oor die laaste week en 'n half aan die sub-kring- en streeksbyeenkoms deelgeneem om vir die Ehlanzeni-span gekies te word.

Skaars ‘n paar weke na die begin van die skooljaar, is die einde reeds in sig vir die skole-atletiekseisoen. Talle atlete van laerskole reg oor Nkomazi het onlangs vir die subkring-atletiekbyeenkoms op Komatipoort Akademie toegesak.

Onderwysers en leerders het hard gewerk om alles vlot en volgens die voorgeskrewe reëls te laat verloop.

Atlete uit die kringe van Malalane, Nkomazi-Oos en -Wes het meegeding om deur te dring na die streeksbyeenkoms by Laerskool Malelane.

Ten spyte van reënbuie wat Dinsdag oor Malalane uitgesak het, kon atlete darem ongesteurd aan dìe byeenkoms deelneem. Daar is wonderlike talent ten toon gestel en atlete het ‘n paar wenke gekry om hulle tegniek te verbeter.

Die top-atlete van elke item kwalifiseer vir die Ehlanzeni-streekspan en gaan in Maart aan die provinsiale kampioenskappe deelneem. Kyk hier na foto’s van die byeenkoms.

Die onderskeie skole se atlete was ook hard aan die oefen vir die interlaer wat more in Lydenburg plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button