Local sportSport

Vroue durf modderbad vir borskanker aan

Altesaam 1 300 vroue en meer as 2 000 ondersteuners het Sondag 'n modderbesmeerde dag by Kwanyoni Lodge buite Mbombela geniet, alles ten bate van vroue met borskanker.

Muddy Princess is ‘n 5km-wedloop met min of meer 15 hindernisse.

Dit was Sondag die eerste keer dat Muddy Princess in die Laeveld aangebied was en die organiseerders hoop om dit weer in 2018 te doen.

Vroue van enige fiksheidsvlak, postuur en nasionaliteit kon daaraan deelneem.

Hulle moes net kon kruip, loop, hardloop, klim, lag en speel, en teen hulle eie pas klaarmaak, aangesien dit nie ‘n kompetisie was nie.

Spanne en individue kon inskryf, maar almal het op die ou einde een groot span gevorm. Daar word groot klem op spanwerk gelê en om hulp te waardeer. Die organiseerders van Muddy Princess het besluit om die gebeurtenis ook in kleiner dorpe aan te bied nadat dit baie gewild in Kaapstad, Johannesburg en Durban was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button