Local sportSport

Dié polisievrou kolf telkens ‘n barshou

Sers. Christie Botha van die polisie se springstofeenheid in Mbombela is na afloop van die Suid-Afrikaanse Forces-toernooi in die Paarl as die kolwer van dié gesogte week aangewys.

Hierdie trofee, asook die een waarmee sy as beste bouler by die jaarlikse Polisie-krieketkampioenskappe bekroon is, staan op haar kantoor se vensterbank.

Botha is vir die derde agtereenvolgende jaar in die Nasionale Polisie-vrouekrieket- span opgeneem en het haar span tot ‘n silwermedalje aangevoer. Sy was die enigste verteenwoordiger van Mpumalanga wat teen die weermag en korporatiewe dienste in aksie was.

Lees ook: Polisievrou derde keer in nasionale krieketspan

Die weermag is vanjaar se kampioene nadat hulle in die eindstryd die polisiespan met meer as 100 lopies verslaan het.

“Ons het in die eindstryd drooggemaak, maar dit was ‘n belewenis om op daardie vlak te kon speel. Dit is ‘n ander klas van krieket,” vertel Botha.

Sy kon nie uitgepraat raak oor hoe lekker die Kaap was nie.

“Ek het ‘n goeie week met die kolf gehad. In die tweede wedstryd teen die gevangenis, het ek 96 lopies, nie uit nie, van 71 balle gemoker wat 17 viere ingesluit het. Ek het nie besef dat ek vier lopies kort van ‘n 100-tal was nie.”
Met haar vernietigende kolfbeurte, is sy vir die Intermagte-span, wat die topdrie spelers van die deelnemende spanne insluit, gekies.

Die span het met drie paaltjies teen Boland Akademie, wat twee Springbokke in hul geledere het, verloor. Boland het een lopie in die laaste boulbeurt gekort.

Wedstryde is op Dal Josafat Stadion en op Paarlveld beslis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button