School sportSport

Lanies slyp hul netbalvaardighede by Camp Discovery

Drie van Laerskool Malelane se netbalspanne het onlangs by 'n netbalkliniek vir die seisoen wat voorlê begin voorberei.

Drie van Laerskool Malelane se netbalspanne het vroeg op 10 Maart na ‘n werkswinkel by Camp Discovery naby Brits vertrek.

Die o/11’s, o/12’s en o/13’s het reeds om 14:00 hul eerste sessie begin en onder leiding van Jenny van Dyke en baie ervare Tuks-studente, meer oor verdediging, aanval, voetwerk en doelspel geleer.

Die spelers het Vrydagaand pret gehad met ‘n gloei-in-die-donker-aktiwiteit, maar was Saterdag weer vroeg op om hul vaardighede verder te slyp. Die middag is daar wedstryde gespeel en die Lanies het goed gevaar.

Die kliniek is Saterdagaand met ‘n swembadpartytjie afgesluit, waar die spanne kon ontspan en net pret hê.

Die Lanies wil graag vir Sipho Makhabela van Ciprisi Transport Projects, Print Revolution, Liberty Life, Magdaleen en Eduardo Caldeira, Buscor, BUCO Malalane, Lisa van Staden van Siyalima en Karel van Heerden van Noordchem bedank vir hul borgskap.

Dankie ook aan al die ouers vir hul ondersteuning, spelers vir hul positiewe houding en mee. Sue de Beer, Steffie Marais en Belinda Potgieter wat die meisies vergesel het.

Lanie-afrigters, mee. Sue de Beer, Belinda Potgieter en Steffie Marais.

Die skool sien uit na ‘n baie opwindende netbalseisoen.

Lees meer oor die skool se onlangse prestasies:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button