Local sportSport

Rugbywedstryd summier gestaak weens vuilspel

Saterdag se wedstryd tussen die Impala- en Barberton-rugbyklub is net voor rustyd kortgeknip omdat spelers mekaar op die veld gepak het.

Die wedstryd het goed vir Barberton afgeskop met ‘n speler wat danksy goeie spanwerk ‘n gaping gevat het en ‘n drie gedruk het.

Barberton het daarna weer gedruk om die telling op 0-10 te bring.

Die Impalas was vasbeslote om punte aan te teken en het tot groot vreugde van hulle skare ondersteuners, ook ‘n drie gedruk.

LEES: Tough matches kick off this year’s rugby season

Barberton het teruggeveg met hul derde drie.

Ten spyte van Barberton se sterk aanvalle het die Impalas se verdediging gehou en is ‘n hele paar mooi duikslae gemaak.

Barberton was sterk op pad om die bal weer agter die pale te plant, maar is gelukkig deur die Impalas gestuit.

Tiaan Nel skop die bal oor Barberton se verdedigingslyn.

Die skeidsregter moes egter twee spelers met ‘n rooi kaart van die veld af stuur nadat hulle begin baklei het.

Die twee wou mekaar met die afstap weer pak en dit het chaos veroorsaak toe spelers en bestuur moes intree.

Na gesprekke tussen die afrigters en skeidsregter, is besluit om die wedstryd weens vuilspel te staak.

Die voorval word nou deur die Mpumalanga Rugbyunie ondersoek en ‘n uitslag sal later vandeesweek bekendgemaak word.

Ondersteuners word aangemoedig om die Impalas en Olifante Saterdag om 15:30 by die Malelane Rugbyklub vir die eerste ronde van die Onderberg Beker-Uitdaging te ondersteun .

Toegang is R10 per persoon en eetgoed sal te koop wees. ‘n Kontantkroeg sal vir die voggies sorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button