Local sportSport

Lanies se gholfdag weer puik ondersteun

Die plaaslike gholfbaan was Saterdagoggend gepak met spelers en die kleurvolle uitstallings van borge het gesorg vir 'n vrolike atmosfeer tydens Laerskool Malelane se jaarlikse gholfdag.

Laerskool Malelane se jaarlikse gholfdag was weereens ‘n groot sukses, met verskeie plaaslike besighede wat die skool se fondsinsamelingspoging ondersteun het as borge en spelers.

Hoofborg Chicken Licken het die spelers met verversings bederf en Nethog het die halfwegstasie geborg en beman.

Tydens die spel het die borge se watergate en uitstallings gesorg dat die kele nat bly en die spelers al hoe vroliker word, en later het almal by die klubhuis gaan uitspan vir die prysuitdeling en middagete. Red Falcon Spur en Mugg & Bean Onder-Sabie het die kos geborg en Hooked on Malelane het dit watertand voorberei.

Die spelers wat die naaste aan die pen by die verskeie putjies was, was Corné Janse van Rensburg, Rikus van Rensburg en Brandon de Beer.

Rikus Janse van Rensburg van Neopak, wenner van naaste aan die pen by die agtste putjie en Nita-Louise Bester van Chicken Licken.

Janneman Combrink het die langste dryfhou van die mans gespeel en Dimpho Mhlongo was die vroue-wenner. Pierre Cronjé en Arno Fritz was die wenners van die langste dag.

Die algehele wenners onder die gholfspelers was Mike Ngcobo en Calvin Sibiya, met Marinus Neethling en Regardt Meyer in die tweede plek, Dimpho Mhlongo en Monday Mahiagia derde, Brandon de Beer en Jan Combrink, vierde, en Hennie Snyman en Alan Hillier in die vyfde plek.

Marinus Neethling en Regardt Meyer het tweede gekom in die laniesgholfdag. By hulle is Nita-Louise Bester van Chicken Licken.

Die wenners in die nie-gholfspelers afdeling was Erick Janse van Rensburg en Jean-Gerrit Scholtz, met Pierrie Cronjé en Arno Fritz in die tweede plek.

Erick Janse van Rensburg en Jean-Gerrit Scholtz, wenners van die nie-gholfspelers se kompetisie, saam met Nita-Louise Bester van Chicken Licken.

Die skool bedank elke onderneming wat ‘n prys geborg het, die spelers wat die skool se geleentheid ondersteun het en almal wat tot die sukses van die dag bygedra het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button