Local sportSport

Land se topfietsryer jaag nou vir Mopani

Suid-Afrika se topsprog-bergfietsryer, Jooste Coetzee ry deesdae saam met die gedugte span van Mopani.

Jooste, wat tot onlangs nog vir Dirk Lourens Cycles gery het, het sy buiging in die Mopani-drag by die onlangse Sappi Mankele Bergfietsren gemaak.

Hier het hy eerste in sy afdeling in die 35km met ‘n tyd van twee uur en twee minute, gekom.

Franco Pelser wat tweede in sy kategorie by die 2016 UCI Suid-Afrikaanse XCO se nasionale bergfietsren-kampioenskappe geëindig het, het ‘n algehele derde plek in die 75km in ‘n tyd van 02:54:01 losgery.

Christo Carelsen was vyfde in dieselfde afstand met ‘n tyd van 03:07:00 en Hennie Kriek het ‘n algehele agtste plek met ‘n tyd van 03:14:45 beklee.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button