Veteraan-atleet verwerf weer goue medaljes
Agatha-Lee du Plessis, 'n Komatipoort onderwyseres en veteraan atleet, het onlangs nog vier medaljes by 'n nasionale byeenkoms verwerf.

Komatipoort se veteraan-atleet, Agatha-Lee du Plessis (61) het op 1 April nog drie goue medaljes en ‘n silwer by die Gauteng Meestersatletiek-kampioenskappe by die Pilditch Stadion in Pretoria ingepalm.
LEES: Atletiese ouma steeds’n meester op veld en baan
Sy het die hoogspringrekord met 11cm verbeter en ‘n goue medalje behaal. Sy het daarna nog twee goues vir die 100m en verspring en ‘n silwer vir spiesgooi verwerf.
Du Plessis het ‘n paar maande gelede by die Rassie Erasmus Stadion die verspringrekord met 21cm verbeter. Sy is in die Gauteng-span ingesluit om die provinsie op 5 en 6 Mei by die Suid-Afrikaanse Meesterskampioenskappe by die Groenpunt Stadion in Kaapstad te verteenwoordig.
LEES: Plaaslike atletiek-ster skitter in Meesters Kampioenskappe
Dié talentvolle atleet was gekies om Suid-Afrika in April in Korea te verteenwoordig, maar kon dit nie bywoon nie. Sy het gekwalifiseer om in Oktober 2018 Spanje toe te gaan.
