Local sportSport
Strawwe stryd vir stoeiers
Twee van Nelspruit Stoeiklub (NSK) se atlete was die afgelope naweek, in sekerlik een van Suid-Afrika se taaiste kompetisies, die SA Presidente-kampioenskappe, in aksie.

Vee-André Swanepoel het in die 69-76kg-vrystylafdeling meegeding en ongelukkig uitgeval nadat hy goeie rekenskap van homself gegee het.
“Hy het vanjaar eers werklik op sy stoei begin konsentreer en het deur die jaar homself op verskeie kampioenskappe laat geld,” het NSK se afrigter, Hansie Kruger gesê.
Christo Nagel junior het ‘n brons in die o/36-kg Grieks-Romeinse afdeling verower.
Lees ook: Jong stoeier wys sy staal in Egipte
“Christo het baie goed gestoei en ek is geweldig trots op albei van hierdie stoeiers,” het Kruger gesê.
Christo Nagel senior het as die twee se afrigter, asook vir die res van die Mpumalanga Stoeivereniging-span, opgetree.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
