Local sportSport

Trofee terug na ‘n dekade

Nelspruit Krieketklub (NKK) se eerste span is vir die eerste keer sedert die 2006/07-seisoen as die 2016/17 Mpumalanga-kampioene gekroon.

Die span het die Laeveld-liga gewen en na die Mpumalanga Premierliga deurgedring, waar hulle teen Middelburg, Delmas, Bethal, Sasol en Valencia te staan gekom het.

Die kragmeting teen Bethal was die beslissende wedstryd om te sien wie as die provinsie se topspan gekroon sou word.

Lees ook: Plaaslike krieketklub klop Mosambiek in rillerstryd

Nelspruit het Bethal oortuigend met sewe paaltjies geklop.

Bethal het eerste ingegaan om te kolf. Hulle is vir ‘n skamele 113 lopies uitgeboul.

Peet Welthagen het vier paaltjies vir 22 lopies in nege beurte gevat.

Nelspruit het dié teiken reeds in die 25ste beurt verbygesteek.

Lees ook: Nuwe spelers troef klubspan

Wihan Jacobs is vir 49, een kort van sy 50-tal, gemoker.

Die tweede span het tweede in die 20-beurtreeks geëindig. Hulle het in die eindstryd teen Ngodwana se eerstes vasgeval.

Toppresteerders
Eerstes
• Kolwer: Wihan Jacobs met 490 lopies in agt kolfbeurte teen ‘n gemiddeld van 81,67 per wedstryd
• Bouler: Reyno Kruger met 27 paaltjies in 10 wedstryde teen ‘n gemiddeld van 12,07 per wedstryd.
Tweedes
• Kolwer: Eugene van Wyk met 194 lopies teen ‘n gemiddeld van 38,80 per wedstryd
• Bouler: Peet Welthagen met 16 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 2,88 per wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button