Local sportSport

‘n Driekuns vir Badenhorst

Hoërskool Nelspruit (NHS) se atletiekspesialis, DP Badenhorst het die afgelope naweek in die Puk McArthur-stadion in Potchefstroom, sy eerste senior spiesgooikampioen opgelewer.

Phil-Mar Janse van Rensburg (27) het Vrydag sy titel in die item met ‘n wengooi van 79,86m verdedig.

Hoewel dit nie Janse van Rensburg se byeenkoms beste was nie, beoog hy om vir die Wêreld-kampioenskappe in Europa te kwalifiseer.

“Ek het vroeër by die Gauteng-kampioen-skappe ‘n 80,49 gegooi. Ek sou graag die naweek op die afstand wou verbeter het, aangesien ek dit reeds een keer reggekry het om die 80m-merk te oorskry,” bieg Janse van Rensburg.

Die Laeveld se goue 1 500m-atleet, Folavio Sehohle het sy eie verwagtinge oortref nadat hy ‘n derde plek behaal het.

“Dit is nie die uitslag waarvoor ek gehoop het nie, maar ek dink ek verdien die bronsmedalje. Dankie vir almal wat in my geglo en my ondersteun het. Ek is nie tans op ‘n 1 500m-oefenprogram nie.

“Ek gaan my eie grense verskuif en later vanjaar in Europa aan die 5 000m deelneem,” het Sehohle gesê.

Lees ook: Dream of Olympics is over, for now

Nóg ‘n atleet van NHS, Rainer Spruyt (17) se puntetotaal van 5 376 in die 10-kamp vir senior mans, het hom ‘n tweede plek besorg.

“Ons is baie dankbaar. Al sy harde werk wat hy vir die kompetisie ingesit het, was die moeite werd. Ons is geweldig trots op ons seun,” het sy ma, Mandy gesê.

Rainer Spruyt.

William Mothosolo wat op sy 2016 Olimpiese Spele-droom in die 800m uitgemis het, het Saterdag vierde met ‘n tyd van 01:47,31 geëindig.

William Mothosolo.

Lees ook: Twee mik nog vir spele, Kriel mis dit net-net

Voormalige SA Skole-verspringkampioen van Hoërskool Bergvlam, Maudas Banda was 10de. Lowveld High School se Norbert Ponisammy was kort op Banda se hakke in die 11de plek.

Luvo Manyonga (26) het ‘n nuwe SA rekord met ‘n afstand van 8,65m, opgestel.

“Saterdag se sprong was een van my swakste afstande, maar ek weet teen die tyd wat ek 26 is, ek ‘n wêreldkampioen sal wees,” het Norbert gesê.

Norbert Ponisammy. Foto: Wouter Pienaar

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button