Breier tevrede ten spyte van nederlaag
Die Pumas was tot en met die 65ste minuut net een punt agter die besoekers, maar die Leeus het in die laaste paar minute die Pumas se foute uitgebuit en met 40-29 geseëvier.
Kobus Marais 19. Shaun Reynolds 25.
Dit was ‘n tweestryd tussen die Steval Pumas se Marais en die Xerox Goue Leeus se Reynolds in die tweede ronde van die SuperSport-uitdaagtoernooi Saterdag op KaNyamazane Stadion.
Ruwellyn Isbell en JP Lewis was ‘n skitterende vleuelkombinasie en het mekaar goed vanuit die agterlyn gekomplementeer.
Lees ook: Pumas’ late surge sinks Blue Bulls
Daar kan wel vrae oor die Pumas se besluitneming bestaan – hulle het twee keer kantlyn toe geskop eerder as na die pale toe. Die rede hiervoor sou nie as gevolg van Marais se skopvermoë wees nie, omdat hy twee strafskoppe van oor die 50m deur die pale geklits het.
Die Pumas het albei dié lynstane verloor.

Sy spanmaat, Reynier van Rooyen het twee vyfpunters – een in die 33ste minuut na Lewis wat deur die Leeus se verdediging gebreek het, en sy tweede in die 56ste minuut na ‘n aangee van die plaasvervanger Devon Williams – aangeteken.
“Daar was ‘n paar geleenthede waar ons met die bal vanuit ons eie kwartgebied gehardloop het. Ons het goed verdedig en baie geleenthede vir onsself geskep. Daar was tye waar ons nie afgerond het nie, en dit het ons op die einde die wedstryd gekos,” het die Pumabreier, Brent Janse van Rensburg gesê.
Janse van Rensburg het verder genoem dat die span nie hulle eie skoppe goed genoeg opgevolg het nie.
Lees ook: Pumas teken nóg twee
“Die Leeus het ons by die afbreekpunte oorheers, maar ons het goed verdedig en die Leeus onder druk geplaas. Die spelers het ‘n paar lesse uit vandag se kragmeting geleer en hopelik kan ons in die toekoms daaruit muntslaan.”
Hugo Kloppers het kort na rustyd die veld na ‘n hou teen die kop verlaat. Die kaptein, Hennie Skorbinski het las van ‘n haksening, maar behoort vroegtydig vir die span se wedstryd teen die Namibiese Welwitschias volgende Saterdag op die Bill Jardine Stadion gereed te wees.
Flank Reuben Johannes kan tussen drie en vyf maande buite aksie wees nadat hy sy skouer ontwrig het.
Foto’s: Frans Louw




