Local sportSport

Mpumalanga se span vaar goed in die Paarl

Curro Nelspruit se Kian Mouton (o/11) het 'n silwermedalje by die Suid-Afrikaanse Tweekampkampioenskappe, wat in Paarl, Wes-Kaap beslis is, om sy nek gehang.

Kian het die 800m in ‘n blitsvinnige tyd van 02:28,83 kafgedraf en die 50m-swem in 34,74 voltooi.

Westelike Provinsie se Dawid Kriel het ‘n tyd van 02:27,23 (hardloop) en 34,61 (swem) ingeklok.

Die punteverskil was 2 388 teenoor 2 394.

Kian Mouton.

“Die kompetisie tussen die twee seuns was haarfyn, maar Kian het hom goed van sy taak gekwyt en dit is ‘n besonderse prestasie as daar in ag geneem word dat dit teen die land se bestes was,” het die voorsitter van Mpumalanga Tweekamp, Jan Engelbrecht gesê.

Lees ook: Die Laeveld se atlete is slaggereed vir Mussa’s

Hoërskool Nelspruit se Frans-Josef Mentz en Willean Janse van Rensburg, ook van Mpumalanga, het in die o/17-kategorie deelgeneem en het gedurig in mekaar se nekke geblaas.

Die twee se tye in die hardloop, was millisekondes uitmekaar, maar Frans-Josef het tyd in die swem opgemaak, en algeheel derde in sy ouderdomsgroep geëindig.

“Ons is baie trots op elke atleet. Podiumprestasies is spesiaal, maar die gees van sportmanskap het die dag oorheers,” het Engelbrecht gesê.

“Dankie aan die bestuur van Mpumalanga Tweekamp, Marita (Engelbrecht) vir die bestelling van die klere, Martie Smit (sekretaris), Bertie le Clerq (tesourier) en Richard Joubert (ondervoorsitter) vir julle ywer en liefde vir die sport.” Volgende jaar se byeenkoms vind in Pretoria plaas.

Lees ook: Atlete skitter in Stellenbosch

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button