Grundlingh kan buiging vir Pumas maak
Produk van die Cheetahs, Johann Grundlingh kan moontlik Sondag sy buiging vir die Steval Pumas teen die Namibiese Welwitschias in die derde ronde van die SuperSport-uitdaagtoernooi, op die Bill Jardine Stadion in Roodepoort, vanaf die plaasvervangersbank maak.
Brian Shabangu is in die beginspan ingesluit omdat Reuben Johannes tot ses maande langs die kantlyn kan wees weens ‘n skouerbesering wat hy onlangs teen die Xerox Goue Leeus opgedoen het.
Stut Jacques Kotze en slot Tazz Fuzani maak plek vir Stephan Greeff en Khwezi Mona op die plaasvervangersbank.

“Daar was baie individuele foute teen die Leeus en ons moet meer akkuraat speel. Dié naweek wil ons met die bal hardloop en dit nie onnodig skop nie – ons het te maklik drieë in die vorige wedstryd afgestaan,” het Puma-breier Brent Janse van Rensburg genoem.
Lees ook: Golden Lions squeak past the Steval Pumas
Ryan Nell, maak sy opdrafbuiging vir die Pumas op binnesenter. Devon Williams is ook in die beginspan op heelagter ingesluit met Sias Ebersohn wat plaasvervangersbank toe skuif.
Frank Herne is vir die eerste keer die seisoen in die beginspan en sal in beheer van die lynstane wees.
“Namibië druk 40% van hulle drieë deur omgekeerde balbesit. Dit gaan vir ons om met elke wedstryd wat ons speel, ons volle potensiaal te bereik. Ons moet fisies in ons kragmetings wees.”
Pumas teen Welwitschias
15. Devon Williams
14. Ruwellyn Isbell
13. Hennie Skorbinski
12. Ryan Nell
11. JP Lewis
10. Kobus Marais
9. Reynier van Rooyen
8. Carel Greeff
7. Willie Engelbrecht
6. Brian Shabangu
5. Hugo Kloppers
4. Stephan Greeff
3. Marné Coetzee
2. Frank Herne
1. De-Jay Terblanché.
Plaasvervangers
16. Marko Janse van Rensburg
17. Khwezi Mona
18. Jannie Stander
19. Johan Grundlingh
20. Emile Temperman
21. Sias Ebersohn
22. Deon Helberg.

