Local sportSport

Muurbaltrofee terug waar hy hoort

Die Tuks-skolereeks se muurbaltrofee het nuwe staanplek in Hoërskool Nelspruit se voorportaal gekry.

Die span het in die eindstryd van die reeks teen Die Hoërskool Menlopark te staan gekom en met skoonstelle Parkies 17-0 verslaan.

NHS het in 2015 ook die gesogte titel omhoog gehou en verlede jaar teen die einste span van Pretoria, die knie gebuig.

“Ons het baie as ‘n span oor die afgelope twee jaar gegroei en die spangees het hierdie seisoen oorheers. Dit was vir my ‘n eer en groot voorreg om as kaptein van die span op te tree.

“Ek het my muurballoopbaan by NHS op ‘n hoogtepunt afgesluit. Ons afrigter, John (Lingashi) het die span opgebou waar hy vandag is. Dan ook dankie aan mnr. Riaan (Swanepoel) vir meneer se ondersteuning deur die loop van die seisoen,” het die kaptein, Dawid Wille gesê.

Na afloop van die reeks, het NHS net vier stelle afgestaan en 74 gewen.

“Dit is ‘n ongelooflike groep opgevoede seuns wat hard in hulle vrye tyd gewerk het. Johan is ‘n briljante afrigter en dit kan na afloop van ons prestasie gesien word,” het die muurbalorganiseerder van NHS, Swanepoel gesê.

Dawid Wille en John Lingashi.

Daar is sprake van ‘n top-skoletoernooi wat later vanjaar op die been gebring gaan word.

So het NHS gespeel
• NHS 17 vs. Transvalia 0
• NHS 17 vs. Pieterburg 0
• Kwarteindstryd – NHS 17 vs. Florida 0
• Halfeindstryd – NHS 16 vs. Garsfontein 4
• Eindstryd – NHS 17 vs. Menlopark 0.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button