Local sportSport

Dallas wink vir Vlammie-spelers

Vir 'n geruime tyd sien ons al hoe meer hoe plaaslike atlete groot hoogtes bereik.

Vier seuns van Hoërskool Bergvlam, Dylan Sjöblom, Ruan Briel, Shandro van Rensburg en Gerhard van Rooyen het hulle eie grense oorskry deur eersdaags rugby in Amerika te gaan speel.

Hulle is deel van die SA All Stars-toergroep wat aan die o/19-Dallas Sewestoernooi, wat Julie in Texas beslis word, gaan deelneem.

Lees ook: Schoolboy rugby at its best

Hulle is die enigste spelers van die Laeveld wat gekies is om 11 Julie na Dallas te vertrek. Die groep bestaan uit 12 seuns van regoor die land.

“Die spelers is na afloop van die 2016-seisoen geïdentifiseer. Hulle is op grond van hulle werksetiek gekies. Sedert die seuns in kennis gestel is, het hulle ontsettend hard gewerk en hulle disipline het geweldig verbeter. Hulle kan op die toernooi geïdentifiseer word om moontlik ‘n rugbybeurs los te slaan.

“Amerika het onlangs ‘n nuwe rugbyreeks op die been gebring wat die geleentheid vir Suid-Afrikaanse spelers bied om deel daarvan te vorm,” het die hoofafrigter van die span, Hugo Harmse gesê.

Die verdedigende kampioene, SA All Stars gaan op 14 en 15 Julie in aksie wees.

Die kostes beloop R30 000 per speler. Vir diegene wat ‘n bydrae wil maak om die seuns se droom te verwesenlik, kan Zelna Oberholzer by zelna_oberholzer@hotmail.com gekontak word.

Bankbesonderhede:

SM BRIEL
Rekening: CAPITEc, spaar
Rekeningnommer: 1525141536
Verwysing: 7’s rugby.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button