Kambaku se lede spook dit in kampioenskap uit
Die Kambaku Gholfklub in Komatipoort het Saterdag die jaar se kampioene aangewys.

Na ‘n lang dag se spel van 36 putjies, het die Kambaku Gholfklub in Komatipoort hulle kampioene in die onderskeie afdelings aangewys. Dit was die klub se 20ste klubkampioenskappe en 39 lede het deelgeneem.
Piet van Dyk het die spelers vir hul deelname en ondersteuning bedank. Hy het ‘n spesiale woord van waardering aan Harry van Dyk en Antonie Britz vir die instandhouding van die baan gerig, sowel as aan die bestuurspan vir die reël van die kompetisie.
Naaste aan die penne vir die dag op putjie 5 was Rose Powell, op putjies 8 en 16 was dit Ruan Steyn en op 18, Hannes Hamman.
Wenners:
Vroue:
Koperafdeling
Marina van Vuuren
Bronsafdeling
Eerste: Janette Maritz – 80
Tweede: Natasha Broodryk – 57
Silwerafdeling
Ronelle putter – 152 net
Lizette Barnard – 187 bruto
A-afdeling
Rose Powell – 171
Vroueklubkampioen 2017 – Charnie Swanepoel
Mans
C-afdeling
Harry Pretorius – 67
Brutowenner: James de Villiers – 66
B-afdeling
Beste netwenner: Elias Caldeira – 152
Brutowenner: Meyer Horn – 176
Klubkampioene 2017
Ruan Steyn – 145 net
Jaco Botha – 155 bruto
Beste Senior speler – Van Dyk Kruger – 50
Sien hier foto’s van die wenners:





