Local sportSport

Herne duik oor vir die wendrie teen die Bulle

Die Steval Pumas-haker, Frank Herne het Saterdag die wendrie in die aanloop tot sy span se oorwinning van 35-19 in hul SuperSport-uitdaagwedstryd teen die Vodacom Blue Bulls op Mbombela Stadion gedruk.

Herne is as plaasvervanger vir Marko Janse van Rensburg opgestuur.

Die Pumas het in die lynstane gesukkel met die Bulle wat twee keer die bal gesteel het en Janse van Rensburg wat die bal oor Hugo Kloppers gegooi het. Die Bulle het ook in die skrums gedomineer en die meeste van hul drieë deur dryfmaalbewegings aangeteken.

Die besoekers se Shaun Adendorff, wat sy terugkeer vir die Bulle gemaak het, het vroeg ‘n drie na ‘n dryfmaal vanuit ‘n lynstaan, aangeteken. Die losskakel, Tinus de Beer het die bal teen die regter regop paal vasgeskop.

Janse van Rensburg het sy span se rekening met ‘n drie op die telbord oopgemaak. Losskakel, Kobus Marais wat verlede week teen die Hino Valke ‘n slegte dag met sy skopskoen beleef het, het egter Saterdag met drie doel- en drie strafkoppe deur die pale geslaag.

Kobus Marais.

Adendorff het sy tweede drie vir die Bulle, weer na ‘n dryfmaalbeweging, onder die pale gedruk om sy span vroeg in die eerste helfte met 12-8 te laat voorloop. Franco Naudé het ook ‘n vyfpunter vir die span van die Jakarandastad gedruk om die telling na 19-8 te rek.

Ryan Nell het kort voor rustyd, ‘n vyfpunter aangeteken met Marais wat dit verdoel het.

Die Bulle is met ‘n eenpuntvoorsprong van 19-18 terug kleedkamers toe.

Kaptein, Hennie Skorbinski was weereens een van sy span se uitblinkers en het net na rustyd deur die Bulle se verdediging gesny om die Pumas ‘n voorsprong van 25-19 te besorg.

Hennie Skorbinski.

Ook Brian Shabangu (flank) het na Saterdag se vertoning waarin hy geduik, gestorm en sake by die afbreekpunte beïnvloed het, in die beginspan beïndruk.

Die Bulle het kort daarna met ‘n drie teruggeslaan nadat hulle vir ‘n ruk op die Pumas se doellyn geboer het.

Marais het sy span ‘n verdere voorsprong van twee punte gegee na ‘n suksesvolle strafskop.

Lees ook: Pumas make one change for clash against Lions

Marko van Staden van die Bulle se strafskop in die 70ste minuut het die besoekers weer met een punt laat voorloop.

Herne se drie in die 72ste minuut het die Bulle se doppie finaal geklink, maar dit was hittete of die Bulle het na die sirene afgegaan het, deur die Pumas se verdediging gebreek.

“Hulle was bereid om fisies betrokke te raak en het deurgaans hard gewerk. Ongelukkig het ons onsself ook onder druk geplaas deur nie altyd effektief uit ons eie helfte te kon speel nie, en ons het die Bulle toegelaat om goeie veldposisies in te neem,” het die Pumasbreier, Brent Janse van Rensburg na afloop van die kragmeting gesê.

Die Pumas kom aanstaande naweek teen die Xerox Goue Leeus op Emirates Airline Park te staan.

Khwezi Mona.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button