Local sportSport

Jukskeiklubs dreun mekaar by liga op

Verskeie Laeveldse jukskeiklubs het Saterdag op die Komatipoort Skouterrein aan die jaarlikse winterliga deelgeneem.

Jukskei is ‘n boeresport wat nou al vir byna 300 jaar in die land gespeel word en behels dat spelers ‘n skei oor ‘n afgestelde afstand gooi in die rigting van ‘n pen wat in ‘n sandput geplant is. Spelers maak beurte om te gooi en probeer om soveel as moontlik punte kry.

In baie gevalle bestaan spanne uit gesinne, van oud na jonk, aangesien die sport vir enige ouderdomsgroep en fiksheidsvlak geskik is.

Dit was ‘n heerlike gesellige dag met gewilde musiek uit die 70’s wat in die agtergrond gespeel het en daar het goeie gees onder die spelers geheers.

Uitslae:

Eerste – Johan Bosman – 50 en ‘n half punte

Tweede – Johan Pretorius – 47 en ‘n half

Derde – Niekie Coetzee – 46 en ‘n half

Vierde – Johan Britz – 44 punte.

Die beste manlike speler was Johan Bosman en beste vrou, Brenda Wolmarans.

Monika Pieterse was die beste junior speelster.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button