Local sportSport

Drie nuwes vir Welwitschias-stryd

Vleuel Jerome Pretorius en skrumskakel Emile Temperman is vir die eerste keer in die SuperSport-uitdaagtoernooi in die beginspan vir die Steval Pumas ingesluit.

Gerrit Smith (OP Kings) en Francois Kleinhans (Sharks), wat in Mei ‘n kontrak met die Mpumalanga Rugby Unie gesluit het, is nuwe gesigte op die plaasvervangersbank vir Saterdag se Windhoek Draught Welwitschias-stryd op Hage Geingob-stadion.

Die Pumas het in die derde ronde van die toernooi ook teen die einste Namibiërs te staan gekom en was met 64-8 baas.

Mark Pretorius (haker) kan heel moontlik Saterdag sy Pumas-buiging vanaf die kantlyn maak. Sedert hy verlede jaar by die Pumas aangesluit het, het hy las van ‘n besering gehad. Jacques Kotze (stut), wat onlangs sy terugkeer in die pienk trui gemaak het, vervang vir Dee-Jay Terblanché op die plaasvervangersbank.

Haker Franke Herne is terug in die beginspan terwyl Marko Janse van Rensburg wat as gevolg van ‘n besering nie deel van Saterdag se span is nie.

Sias Ebersohn wat die nommer-10-trui oor sy kop teen die Xerox Goue Leeus getrek het, skuif terug plaasvervangersbank toe met Kobus Marais wat sy posisie inneem.

“Ons vat nie die komende wedstryd lig op nie. Ons sal nie vertroue verwar met arrogansie nie. Ons moet heeltemal fokus op die wen, want die toernooi is besig om keerpunt te bereik,” het Janse van Rensburg gesê.

Janse van Rensburg het beklemtoon dat dit belangrik is om hierdie naweek nie balle uit te sit vir omgekeerde besit nie.

“Hulle teken die meeste van hul drieë aan uit omsetballe en skrums. Ons moet ons stelstuk effektief beskerm en nie aan hulle geleenthede gee om op te spring nie. Dan kan ons momentum opbou en punte begin aanteken,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button