Local sportSport

Joshua Maass op pad na wêreldkampioenskappe

Hoërskool Nelspruit se spiesgooiheld, Joshua Maass is eersdaags op pad na die IAAF se o/18-Wêreldkampioenskappe in Nairobi, Kenia.

Die toernooi word tydens die Julievakansie beslis. Josua is Atletiek Suid-Afrika se dubbele o/18-kampioen, asook die Suid-Afrikaanse Skolekampioen vir seuns o/17.

Sy persoonlike beste van 73,66m (tydens SA Skolekampioenskappe in Durban vroeër vanjaar) plaas hom tans in die 12de plek op die IAAF se wêreldranglys vir o/18-seuns in spiesgooi.

Sy doelwit vir die wêreldkampioenskappe is om na die eindronde deur te dring. Volgens NHS se sportburo-bestuurder en Joshua se afrigter, DP Badenhorst, sal sy atleet sy tegniekdoelwitte nastreef om ‘n perfekte gooi te gooi.

“Dit sal tot gevolg hê dat die afstand goed sal wees. Enige medalje sal ‘n bonus wees. Hy neem eerste teen homself deel en die teenstand wat hy van opponente kry, gebruik hy om hom aan te spoor tot verder afstande.”

Volgens Badenhorst is Joshua die tweede atleet van NHS wat sy land by ‘n wêreldkampioenskappe verteenwoordig. Die vorige atleet was Frans Schutte, wat ‘n brons medalje in gewigstoot vir seuns o/17 by die IAAf Wêreld-jeugkampioenskappe in Bressanone, Italië om sy nek gehang het.

DP Badenhorst en Joshua Maass.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button