Local sportSport

Van Staden wys wat hy werd is

Na afloop van die sege van 47-33 teen die Valke, lê die Pumas steeds derde op die Noordelike punteleer en kom die komende naweek teen die Xerox Goue Leeus in die kwarteindronde van die SuperSport-uitdaagtoernooi te staan.

Die Steval Pumas se agterlynafrigter, MJ Mentz het sy losskakel, Justin van Staden groot lof toegeswaai na Saterdag se kragmeting teen die Hino Valke.

Van Staden, wat weens ‘n haarlynfraktuur op sy tibia, byna ‘n jaar lank langs die kantlyn was, het sy terugkeer van die plaasvervangersbank in die 50ste minuut gemaak.

In sy eerste wedstryd van die seisoen was hy in alle aspekte van die spel, op sy stukke.

Justin van Staden. Foto: Dirk Kotze

“Justin het Saterdag gewys dat die span sy skopvoet by tye gemis het en het dadelik gewys hoe akkuraat hy kan wees. Ons sien uit na wat hy in die res van die jaar na die wedstryd kan bring,” het Mentz gesê.

 

“Daar was baie postitiewe aspekte in die spel soos die intensiteit, ons fisieke aanslag en vaste fasette, maar ons sal meer klinies moet speel.

low”Daar het net te veel foute ingesluip. Ons het balle doelloos uitgegee. Ons het heelwat geleenthede gehad om punte op die bord te sit, maar dit nie gebruik nie. Ons is eenvoudig nie geduldig wanneer ons met die bal in die hand speel nie.

“Die Valke het drieë as gevolg van ons foute aangeteken. Die spelers moet begin besef om geduldig te wees wanneer ons balbesit geniet,” het Pumabreier Brent Janse van Rensburg gesê.

Hennie Skorbinksi. Foto: Dirk Kotze

“Die Pumas het dit goed reggekry om heelwat van ons dryfmaalbewegings te stop. Ons het wel geleenthede vir hulle geskep, maar het deurgaans hoëtemporugby gespeel en goeie drië gedruk,” het die Valke se breier, Rudy Joubert gesê.

Die Pumas speel Saterdag in ‘n voorwedstryd vir die Emirates Lions se Superrugby-stryd teen die Sunwolves op Emirates Airline Park.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button