Local sportSport

Nellies se sportspanne maak geskiedenis

Laerskool Nelspruit se rugby- en netbalspanne, is vir die eerste keer in die skool se geskiedenis as Laeveld/Ehlanzeni se grootskolewenners aangewys.

Die o/10-rugbyspan is sedert 2016 onoorwonne. Vanjaar het die spannetjie onder afrigting van Adé Adendorff en Cobus van Niekerk, 18 wedstryde gespeel, waarvan hulle 16 gewen en net in twee gelykop geëindig het.

Hulle het altesaam 564 punte bymekaar gemaak en net 44 punte is teen hulle aangeteken.

Dié staatmakers het in die Mpumalanga-halfeindstryd teen CR Swart te staan gekom en was met 37-5 die bobaas.

Daarna het hulle Goedehoop in die eindstryd gepak en met die telling van 5-elk, deel hulle die trofee.

Van die o/9’s tot die eerste rugbyuspan het al hulle ligawedstryde gewen. Al vier die ligaspanne het na die Mpumalanga-kampioenskappe deurgedring en as wenners uit die stryd getree.

Nie net is die betrokke spanne as Laeveld-wenners gekroon nie, maar elke span het onder die eerste vier van die Mpumalanga-grootskoleliga geëindig.

Die o/11 A- en B- tot die o/13 A- en B-netbalspanne het ook al hulle liga-wedstryde gewen. Al ses spanne het na die Mpumalanga-kampioenskappe deurgedring en was wenners in die kring.

Die A- en B-spanne is dus Laeveld-wenners en beklee plekke in die top-vier van Mpumalanga se grootskoleliga.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button