Local sportSport

‘n Wêreldrekord wink vir Barberton Rugbyklub

Coronationpark, tuisveld van Barberton Rugbyklub (BRK), spog met die hoogste rugbypale in die suidelike halfrond waar dié sport nog beoefen word.

Teen die einde van 2018 beoog die klub om ‘n Guinness-wêreldrekord in die boeke te pen.

Hulle rugbypale is tans 28,46m. Die nodige planne is reeds opgetrek om pale van 44m op te rig.

Roan Antelopeklub in Zambië se pale is 33,68m, maar daar word nie meer rugby op die veld gespeel nie.

‘n Rugbyklub in die Verenigde Koninkryk, Wednesbury se rugbypale van 38,35m is tans die hoogste ter wêreld.

Die pale op Coronationpark was in die vroeë vyftigerjare die hoogste.

“Die planne is sowat twee jaar gelede reeds opgetrek, maar dit is nie net sommer van opsit nie. Ons is nog besig met die kosteberaming soos die huur van hyskrane, die bou van die pale en die betonstruktuur,” het die vooristter van die klub, Jaice Terblanche gesê.

Die minimumhoogte volgens Wêreld Rugby is 3,4m en die dwarslat moet 5,6m wyd en 3,4m van die grond af wees. Daar is geen spesifikasie vir die hoogte van die regop pale nie.

BRK vier vanjaar hulle 120ste bestaansjaar en die feesvieringe vind in Augustus plaas.

“Die datum vir die wildsfees is nog nie vasgestel nie. Om die nodige fondse vir ons wêreldrekordprojek in te samel, gaan ons een Saterdag ‘n sewe-aan-‘n-kanttoernooi hou. Ons moedig besighede aan om spanne in te skryf.

“Hulle kan rugbyspelers van BRK ‘koop’ om deel van hulle spanne te vorm. Die besighede moet net ten minste drie van hulle eie manne in die spanne hê.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button