NHS-ryers saam Europa toe
Twee padfietsryers van Hoërskool Nelspruit is reeds in Europa waar hulle Suid-Afrika in die Junior Padrentoer verteenwoordig.

Ruben Helberg en Sias Joubert ry albei vir Team Infinita en word deur Bosseau Boshoff afgerig. H
ulle is vir die fietsryspan gekeur wat Suid-Afrika in België gaan verteenwoordig. Die toer sluit in: die Dilkkebus op 5 Julie, Desselgem op 8 Julie, Menen op 11 Julie, Dentergem op 15 Julie, Boekhoute op 16 Julie, Opwijk op 19 Julie, Hooglede op 21 Julie en die Izegem op 24 Julie.
Lees ook: Nellies kook op krieketveld
Hulle ry dan ook die GP Paton in Luxembourg wat bekend is as die UCI Junior Nasiesbeker.
Ruben se mees onlangse resies was die Tour de Durban waarin hy die junior kategorie gewen het.

Hy is op die oomblik gesamentlik tweede in sy kategorie in Suid-Afrika gekeur.
Lees ook: Team Infinita cyclists head for Europe
Sias was by die KZN Super-reeks in aksie waar hy ‘n derde plek behaal het. Hy is op die oomblik vierde gekeur in
Suid-Afrika.
