Local sportSport

Laeveld koffie is wenners

Dit was werklik 'n suksesvolle dag en die nodige bewusmaking van Huis Bethlehem het plaasgevind.

Nadat die venue van Mbombela Stadion na die Nelspruit Binnenshuise Sportarena moes verskuif, het netbal- en sokkerspelers steeds Sondag vir ‘n skouspel gesorg.

Die byeenkoms is ten bate van Huis Bethlehem, ‘n kindersorgsentrum, gehou. Net na 09:00 het die spanne hul “vere”, of eerder klere en tekkies reggeskud om mekaar die stryd aan te sê.

Die sewe sokkerspanne wat deelgeneem het, was Stabilis Geoktrooieerde Rekenmeesters, Karino Citrus, Coromandel Farm, Winmar, Samancor, Protea Hotel Malaga en Protea Hotel Nelspruit. Die netbalspanne was die Mambas, Karino Citrus, Super Stars en Laeveld Koffie.

Samancor is by die sokker as wenners aangewys en die netbal is deur Laeveld Koffie gewen. Daar was groot opwinding op die sportvelde en die spanne is deur die verskeie maatskappye aangemoedig om nog beter te presteer.

Volgens Mariaan Lourens van Huis Bethlehem is skouspelagtige doele aangeteken alhoewel daar beserings was, het elke deelnemer hul beste gelewer om met die louere weg te stap.

“Dit was werklik ‘n suksesvolle dag en die nodige bewusmaking van Huis Bethlehem het plaasgevind – daar was selfs met potensiële donateurs gesels rondom die finansiële uitdagings wat ons in die gesig staar. Ons wil dankie sê aan Jece Bester van Active Events wat die dag moontlik gemaak het, asook elke individu van elke span wat bereid was om aan hierdie dag deel te naam. Dankie ook aan al die personeel van die sportarena wat hul fasiliteite besikbaar gestel het,” het Lourens gesê.

Kliek hier vir meer plaaslike sportnuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button