Local sportSport

Curro se rugbyseison lyk belowend

Sedert die voormalige voorlynafrigter van die Steval Pumas, Hein Kriek 'n langtermyn-ontwikkelingsplan by Curro Nelspruit geïmplementeer het, is die skool se junior rugbyspanne in wording. 

Die o/14’s, onder afrigters Johan Pretorius, Shaun Steenkamp en Paul Viljoen, is deur na die eindstryd van die Mpumalanga-liga vir mediumskole wat op 29 Julie by Hoërskool Hoogenhout beslis word. Die o/15’s wat verlede jaar die trofee omhoog gehou het, is ook deur na die eindstryd.

Hulle het net nege van hulle 12 wedstryde hierdie seisoen gewen.

Verlede jaar het die span net een van hulle 15 wedstryde verloor en 388 punte aangeteken, terwyl net 73 teen hulle behaal is. In agt ligawedstryde het die span 36 drieë gedruk. Die kaptein en agtsteman, Simon Joubert het 18 daarvan gedruk.

Die o/14’s lê tans 16de op SA Skolesport se rangleer. Van die span se hoogtepunte hierdie seisoen was oorwinnings teen Kearsney College sowel as een van Pretoria se top-rugbyskole, Hoërskool Garsfontein.

Ashley Mashigo het vanjaar reeds 30 drieë gedruk en Emmaneul Bhiya het 29 drieë agter sy naam. Die span het 14 van hulle 15 wedstryde gewen en het tot dusver 131 drieë gedruk, met net 13 wat teen hulle aangeteken is.

“Die afrigtingskorps help mekaar uit om seker te maak dat hulle die spelers tot die beste van hul vermoëns ontwikkel. Voormalige rugbyster van Atlantique Stade Rochelais, Rassie (van Vuuren) is tans by die hoërskool se spanne as spesialisafrigter betrokke en het reeds wondere met die spanne verrig,” het Viljoen gesê.

Curro spog tans met ses provinsiale spelers. Waldt Stander en Cilliers van Heerden is in die Pumas se o/12-span ingesluit terwyl MC van der Merwe (o/19-Pukkeweek), Matthew Pavlu (o/18-Akademieweek), Jarred Watruss en Simpiwhe Mndawe (ablei o/16-Platteland) ook vir ‘n provinsiale span gekies is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button